Chemiese Verandering Notas - Eenheid1

Descripción

Grade 12 Fisiese Wetenskap Apunte sobre Chemiese Verandering Notas - Eenheid1, creado por elnepotgieter el 27/02/2014.
elnepotgieter
Apunte por elnepotgieter, actualizado hace más de 1 año
elnepotgieter
Creado por elnepotgieter hace alrededor de 10 años
690
0

Resumen del Recurso

Página 1

Die Produkte sal 'n positiewe waarde hê terwyl die reaktanse 'n negatiewe waarde het.

Sommige reaksies vind in meer as een stap plas wat elk sy eie reaksietempo het. Die tempo van die algehele reaksie word deur die stadigste reaksiestap bepaal. Dit word die tempobepalende stap genoem.

Die konsentrasie van 'n oplossing dui die hoeveelheid mol per volume van die opgeloste stof in die oplossing aan.In die geval van gasagtige reaktanse verwys die konsentrasie van die gas na die aantal mol gas in die volume van die houer.Hoe meer van dieselfde gasdeeltjies, hoe hoër die netto druk, hoe meer effektiewe botsings.Die konsentrasie van 'n gas is dus direk eweredig aan die parsiële druk van die gas.

In die geval van gasse lei 'n verhoging in druk tot 'n verlaging in volume. Dit beteken dat dieselfde aantal (mol) gasdeeltjies in 'n kleinervolume teenwoordig is en dat die konsentrasie dus verhoog.

Die suiker etanoësuur (ysasyn) is uiters korrosief. Dit sal deur jou vel brand.

'n Ondersoekende vraag het altyd 'n vraagteken aan die einde van die sin.

Toestand van verdeeldheid [reaksieoppervlakte] - By 'n vastestof vind die botsingenaan die buitenkant van die vastestof plas, dus op die blootgestelde reaksieoppervlakte.

Temperatuur (Kinetiese energie) - Die gemiddelde kinetiese energie (Ek) van 'n stofis direk eweredig aan die temperatuur (T) daarvan.

As die temperatuur van die reaksiesisteem toeneem, neem die reaksietempo toe, want daar is meer effektiewe botsing per sekonde.

'n Waterbad in chemie word gebruik om 'n gelykmatige en stabiele temperatuur te verseker.

'n Katalisator kan nie 'n reaksie laat plaasvind indien die reaktanse nie met mekaar sou reageer nie.Alhoewel 'n katalisator aan die chemiese reaksie deelneem, ondergaan dit nie 'n permanente verandering tydens die reaksie nie.Die katalisator is dus na afloop van die reaksie steeds teenwoordig en kan herhaaldelik gebruik word. Die massa of konsentrasievan die katalisator in 'n reaksiemengsel bly dus konstant. Die energie van die reaktantdeeltjies verander nie.Die minimum energie wat nodig is om aan effektiewe botsing deel te neem, verlaag.

Die konsentrasie van die reaktans is die afhankelike veranderlike en die onafhankelike veranderlike is die tyd waarop die konsentrasielesingsgeneem word. As hierdie veranderlikes grafies voorgestel word, kan die reaksietempo uit die helling van die grafiek afgelei word. Die onafhanklike veranderlike is op die x-as. Die afhanklike veranderlike is op die y-as. (Kyk in boek op bladsy 231 vir voorbeeld, alsook tabel op 232)

Werking van 'n spektrofotometer: (Kyk in boek op bladsy 233)

Die stelsel waar die gasvolume gemest word, is 'n GESLOTE stelsel. Terwyl die massaverlies 'n OOP stelsel is, aangesien die gas ontsnap.

Hoe hoër die aktiveringsenergie van 'n reaksie is, hoe stadiger sal die reaksie plaasvind indien die verskillende stowweby dieselfde temperatuur verkeer.

Die verandering in energie word voorgestel as delta H (driehoek H)

Verwys na bladsy 252 en 253 vir voorbeelde van eksotermiese en endotermiese reaksies!Verwys na bladsy 256 en 257 vir die grafiek inligting.Verwys na bladsy 259 na die voorbeeld van die werking van 'n katalisator.

Eenheid1 - Notas

Mostrar resumen completo Ocultar resumen completo

Similar

Chemiese verandering Eenheid 2 (iii)
elnepotgieter
Chemiese verandering Eenheid 2 (i)
elnepotgieter
Chemiese verandering Eenheid 2 (ii)
elnepotgieter
Chemiese Verandering Flashcards
elnepotgieter
Reported Speech
María Escobar
Sub-Disciplinas de la Antropologia
Carlos Botero
Test ICFES Inglés Parte 1
colrobomoyp
El Sistema Endocrino
luisitacarolina
R.D. 796/2005, De 1 de julio, Regimen disciplinario (Esquema 3)
Miguel Angel del Rio
Diabetes Mellitus
jrra92
Sistemas nervioso y reproductivo
JORGE LEYVA RIVERA