EBW: Onderwerp 1, Gr7 (KABV)

Description

Mind Map on EBW: Onderwerp 1, Gr7 (KABV), created by mvloch on 14/06/2014.
mvloch
Mind Map by mvloch, updated more than 1 year ago
mvloch
Created by mvloch almost 10 years ago
1451
6

Resource summary

EBW: Onderwerp 1, Gr7 (KABV)
  1. Moderne samelewings:
    1. geïndustrialiseerde samelewing
      1. gebruik tegnologie om produkte vir handel te produseer
        1. Mense het gespesialiseerde vaardighede + maak op ander mense se vaardighede staat om goed te produseer wat hulle nie self kan produseer nie.
          1. dryf meer handel as tradisionele samelewings
    2. Tradisionele samelewing:
      1. gemeenskappe gebruik basiese metodes om te jag + kos te versamel
        1. gebrek aan tegnologie + meeste aktiwiteite is bestaansaktiwiteite.
          1. beleef nie ekonomiese groei nie
            1. maak staat op hulself vir oorlewing
              1. dryf handel baie min
                1. hoofsaaklik in landelike gebiede
      2. Ruilhandel:
        1. vorm van handel waar mense goedere ruil sonder om geld te gebruik
          1. wanneer 1 soort diens vir iets anders verruil word sonder geld
            1. vroegste vorm van ruilhandel = vee
              1. later = gewasse
          2. Trans-Sahara handel:
            1. tussen ongeveer 8ste en 16de eeu het lande in Asië + Europa met Afrika handel gedryf
              1. Afrika het goud, sout, ivoor + slawe aan hulle verruil vir weefstowwe soos sy, krale + keramiekware
                1. Karavane kamele het kommoditeite oor Sahara gedra vanaf Algerië, Libië + Egipte na dele van Wes-Afrika soos Ghana, Mali + Nigerië
            2. Stille ruilhandel:
              1. vertroue baie belangrik
                1. handelspartye op trans-Sahara handelsroete = nie dieselfde tale gepraat nie
                  1. dis 'n soort ruilhandel waar handelaars kommoditeite ruil sonder om met mekaar te praat / interaksie met mekaar te hê
                2. Ruilhandel nadele:
                  1. moeilik om waarde te bepaal
                    1. kan nie alles kry wat nodig het nie
                      1. kan nie voedsel vir lang tydperke stoor nie
                        1. mense wil dalk nie jou goedere hê nie
                          1. dit wat jy wil ruil = dalk nie van beste gehalte nie
              2. Promesses (Skuldbewyse)
                1. Notas wat wetlik bindend is + wat kopers gebruik om onvoorwaardelik aan verkopers te belowe dat hulle spesifieke bedrag geld binne tydperk sal betaal
                  1. dis soos private weergawe van 'n banklening
                    1. dit verklaar dat persoon by 'n privaat organisasie of individu geld leen
                      1. kan ook rente op bedrag spesifiseer.
                        1. 8ste eeu deur Chinese in Tang-dinastie gebruik
                          1. ongeveer 12de eeu deur Arabiese handelaars
                            1. nuttig vir handelaars = hoef nie baie muntstukke rond te dra + dis gevaarlik
                              1. werk so goed daar is mense wat dit vandag nog gebruik
                  2. Geskiedenis van geld:
                    1. 20 000 jaar gelede = mense jag, versamel + ruil
                      1. 9000-6000 VHJ = vee + gewasse vorm van betaalmiddel
                        1. 3000-2000VHJ= begin van bankwese
                          1. 1500VHJ- 1950's =In China, Arabië + Afrika = skulpe as betaalmiddel
                            1. 1000-300VHJ = graaf + mesgeld in China
                              1. 640-26VHJ = muntstukke van goud + silwer
                                1. 118VHJ = 1ste banknote
                                  1. 806-921HJ = 1ste papiergeld
                                    1. 1816 = Engeland aanvaar goudstandaard
                                      1. 1880 -1914 = meeste lande in wereld baseer waarde van hulle geld op goudstandaard
                                        1. 1931 = Brittanje beweeg weg van goudstandaard
                                          1. 1971 = Amerika beweeg weg van goudstandaard; einde van stelsel
                                            1. Vandag = talle vorms van bataalmiddels
                    2. Elektroniese bankwese:
                      1. nuutste ontwikkeling
                        1. gebruik = internet, selfone, otomatiese tellermasjiene (OTM), debietkaarte ens.
                          1. met bogenoemde kan jy geld rondskuif sonder geld in hand + sonder banktellers
                            1. dis veilig want geen kontant is nodig
                              1. bedrog is egter nogsteeds moontlik
                                1. stel individue + besighede in staat om finansiële transaksies te doen
                      2. Rol van geld:
                        1. geld wys hoe samelewing verander het
                          1. in ou dae = grond rykdom
                            1. vandag = geld rykdom
                              1. boere het surplusse vir ander kommoditeite / geld verruil
                          2. ruilmiddel:
                            1. kan dit verhandel / ruil vir goedere / dienste
                            2. verrekeningseenheid:
                              1. dis 'n standaardmaatstaf vir wat handelsgoedere / dienste werd is
                              2. waardedraer:
                                1. behou sy waarde oor tyd; dit dra gestoorde waarde
                              3. Verbruikersekonomieë:
                                1. ekonomie waarin besighede verbruikers aanmoedig om soveel geld moontlik te spandeer op hul goedere / dienste
                                  1. elektroniese banksake en globalisering maak verbruikersbesteding makliker
                                    1. plaas druk op omgewing omdat mense meer verbruik as wat hulle produseer
                                      1. beteken: materiale word vinniger opgebruik as wat dit voorsien kan word
                                        1. bv. motors wat vervaardig + verkoop word, maar daar is beperkte hoeveelheid brandstof in aarde
                                          1. dit vererger omgewingsprobleme
                                            1. dus het fokus van mense om al hoe meer geld op verbruikersgoedere te bestee, 'n onvolhoubare manier van lewe geword
                                  2. Woordelys:
                                    1. ruilhandel = vorm van handel waar mense goedere ruil sonder om geld te gebruik
                                      1. kommoditeite = artikels wat mense vir ruil gebruik
                                        1. VHJ = voor die huidige jaartelling / voor geboorte van Christus. Word gebruik om sensitief te wees vir ander gelowe as die Christendom
                                          1. HJ = huidige jaartelling / na geboorte van Christus. Het gewoonlik AD (Anno Domini) Latyn vir :'in die jaar van ons Here'. Word gebruik om sensitief te wees vir ander gelowe
                                            1. surplus = wanneer daar 'n groter aanbod is as die vraag; wanneer jy meer het as wat jy nodig het
                                              1. verstedeliking = beweging van mense van landelike gebiede na stede + die groei wat stede as gevolg hiervan ondervind
                                                1. globalisering = proses waardeur besighede, kulture + gemeenskappe meer verbind word + onderling afhanklik raak van mekaar as gevolg van kommunikasie + reistegnologie
                                                  1. onvolhoubaar = wanneer iets nie vir altyd kan hou nie; hulpbronne sal opraak as mense aanhou om onvolhoubaar te leef
                                        Show full summary Hide full summary

                                        Similar

                                        Acids and Bases
                                        silviaod119
                                        Shapes of molecules and intermolecular forces
                                        eimearkelly3
                                        HSC Maths: Algebra Quiz
                                        Brad Hegarty
                                        Spanish Subjunctive
                                        MrAbels
                                        Biological Definitions
                                        Yamminnnn
                                        History - Germany 1918 - 1945
                                        Grace Evans
                                        IB Biology Topic 4 Genetics (SL)
                                        R S
                                        Of Mice and Men Plot Overview
                                        Landon Valencia
                                        GCSE Revision Tips
                                        miminoma
                                        Basic Korean Verbs
                                        ASHISH AWALGAONKAR