EBW: Onderwerp 13, Gr7 (KABV)

Description

GCSE EMS Mind Map on EBW: Onderwerp 13, Gr7 (KABV), created by Helene Muller on 10/10/2016.
Helene Muller
Mind Map by Helene Muller, updated more than 1 year ago More Less
mvloch
Created by mvloch over 9 years ago
Helene Muller
Copied by Helene Muller over 7 years ago
132
0

Resource summary

EBW: Onderwerp 13, Gr7 (KABV)
  1. Oorsake van sosio-ekonomiese wanbalanse:
    1. sosio-ekonomiese wanbalanse = wanbalanse in mense se toegang tot hulpbronne soos behuising + gesondheidsorg
      1. arm gebiede = lewenstandaard is laag
        1. ryker gebiede = lewanstandaard is hoog
          1. wanbalans
        2. oorsaak van wanbalanse = apartheid
          1. apartheid het op grond van ras teen mense gediskrimineer
            1. apartheidswette = het verhoed dat swart mense, bruin mense + Indiërs goeie onderwys ontvang het
              1. dit beteken die mense het nie vaardighede ontwikkel sodat hulle werk kon kry nie
                1. hulle kon dus nie toegang kry tot goeie gesondheidsorg / onderwys nie
                  1. hulle lewenstandaard het laag gebly + kon niks doen om dit te verhoog nie
          2. apartheid het van 1948 - 1994 geduur
            1. So wat veroorsaak nou wanbalanse?
              1. dit neem baie jare om mense se lewenstandaard uit te balanseer
            2. onderwys = die sleutel tot toegang tot ekonomiese hulpbronne
              1. nog 'n oorsaak van wanbalanse = regering se swak dienslewering
                1. baie mense voel dat plaaslike regering nie vinnig genoeg munisipaliteite dienste lewer nie
                  1. die feit dat apartheid verby is = nie genoeg om te verseker dat alle mense toegang kry tot sosio-ekonomiese hulpbronne nie
            3. Ongelykheid in SA:
              1. in ons Grondwet sê Handves van Regte dat alle mense gelyk is
                1. in 2011 het amper helfte van mense onder broodlyn gelewe
                  1. in 2000 het SA die Vereningde Nasies se Millenniumverklaring onderteken
                    1. lande wat die Verklaring onderteken probeer om millenniumontwikkelingsdoelwitte van Verenigde Nasies te bereik
                      1. Millennium - ontwikkelings - doelwitte van Verenigde Nasies vir 2015
                        1. verbeter gesondheid van moedere
                          1. bekamp MIV / Vigs
                            1. maak ons lewens meer omgewingsvolhoubaar
                              1. werk as globale vennote saam vir ontwikkeling
                                1. Beëindig armoede + honger
                                  1. kry opvoeding vir almal
                                    1. veg vir geslagsgelykheid
                                      1. verbeter kindergesondheid
                              2. daar was ekonomiese groei sedert SA 'n demokrasie geword het, maar dit bevoordeel nie almal nie
                                1. Inkomsteverskille tussen mense van verskillende rasse in 2000
                                  1. Radssegroep:
                                    1. Swart mense:
                                      1. Bruin mense:
                                        1. Indiërs:
                                          1. Blankes:
                                    2. Inkomste:
                                      1. R7 283
                                        1. R14 126
                                          1. R23 938
                                            1. R62 260
                                      2. dit het in 2012 verbeter
                                        1. die ongelykheid tussen mense
                                          1. binne rasgroep = groot ongelykheid
                                            1. dis omdat swart mense toegang kry tot beter onderwys + om deel te word van 'n swart middelklas
                                              1. ongelykheid tussen mense = word kleiner, maar ongelykheid binne rasgroep = word groter
                                                1. SA het 1 van grootste ongelykheidskoerse
                                                  1. armoede + ongelykheidskoerse verlaag nie vinnig genoeg nie
                                  2. Onderwys + vaardighede om ongelykheid + ongeregtigheid te bekamp:
                                    1. gebrek aan onderwys + vaardighede = belangrikste oorsake van wanbalans
                                      1. dis ook belangrikste om ongelykheid + ongeregtigheid te bekamp
                                        1. sonder onderwys + vaardighede = nie moontlik om 'n goeie werk te kry nie
                                          1. Handves van Regte gee almal, insluitend volwassenes, reg tot basiese onderwys
                                            1. ongeveer 20% van staatsuitgawe = vir onderwys
                                              1. in 2011 het 70,2% leerders Gr12 geslaag, slegs 24,3% het punte behaal wat hoog genoeg was sodat hulle verder kon gaan studeer
                                                1. daar is groot vaardigheidstekort in SA
                                                  1. rede = apartheid
                                                    1. om mense ongeskoold te hou was apartheidsregering se manier om te verhoed dat mense aan ekonomie deelneem
                                                      1. 41% van besighede sê dat tekort aan vaardighede belangrikste rede is dat hulle nie kan uitbrei nie
                                                        1. dis sleg vir land se ekonomie
                                      2. Vaardigheidstekorte in SA:
                                        1. mediese dienste
                                          1. inligtings- + kommunikasie-tegnologiedienste (IKT)
                                            1. ingenieurswese
                                              1. bestuur
                                                1. onderwys
                                                2. regering het wette soos Wet op Vaardigheidsontwikkeling afgekondig om vaardighede te verbeter
                                                  1. ingevolge die Wet op Vaardigheidsontwikkeling moet besighede saam regering werk om werkers se vaardighede te verbeter
                                                    1. hulle doen dit deur elke maand 1% van werknemers se salarisse te betaal aan regering
                                                      1. regering gebruik dan die geld om programme vir vaardigheidsontwikkeling aan te bied
                                                        1. programme sluit leerlingskappe in
                                                3. Stedelike + landelike uitdagings:
                                                  1. in 2010 het 62% van bevolking in stedelike gebiede gewoon
                                                    1. getal word meer omdat mense na stedelike gebiede op soek na werk
                                                      1. landelike gebiede = meer armoede
                                                        1. bevolking is ook baie kleiner in landelike gebiede as in stedelike gebiede
                                                          1. dis dan maklik vir politici om van landelike gebiede te vergeet
                                                            1. politieke mag word dus gesentraliseer in stedelike bevolkings van stede
                                                              1. werkers trek na stedelike gebiede en stuur dan geld terug huis toe vir familielede
                                                                1. dit beteken landelike ekonomieë groei nie vinnig nie
                                                    2. wanneer mense trek van die platteland af na stad toe gaan inheemse kennis verlore
                                                      1. dit is belangrik dat inheemse kennis nie net in landelike gebiede gebruik word nie
                                                      2. landbou-ekonomieë word minder belangrik as stede se industriële ekonomieë
                                                        1. dis moeilik vir regering om dienste aan landelike gebiede te gee want die mense is baie ver uit mekaar versprei
                                                          1. landelike werkers verdien ook minder as stedelike werkers
                                                        2. 70% van arm mense = in landelike gebiede
                                                          1. baie van hulle kan nie werk kry nie = te min infrastruktuur
                                                            1. bou dikwels eie infrastruktuur
                                                              1. min skole / is te ver so kinders kan nie skool toe gaan nie
                                                                1. stede het ook uitdagings. bv.:
                                                                  1. werkloosheid
                                                                    1. oorbevolking
                                                                      1. swak dienslewering
                                                                        1. misdaad
                                                                          1. MIV / vigs
                                                                            1. omgewingskade
                                                                    2. stedelike gebiede = oorbevolk omdat baie mense soontoe trek
                                                                      1. daar moet dan baie meer skole gebou word vir kinders wat soontoe getrek het
                                                            2. apartheidstelsel het stede volgens ras afgesonder (segregeer)
                                                              1. dit beteken swart mense mag nie in 'wit' gebiede gewoon het nie
                                                                1. hulle moes in townships ver weg bly
                                                                  1. regering het nie in infrastruktuur daar belê nie
                                                                    1. bevolkings in townships is groot, misdaad + gebrek aan sanitasie = probleem
                                                                      1. +-50% van swart mense in Kaapstad + Durban bly in plakkershutte in informele nedersettings
                                                                        1. siektes versprei vinnig as gevolg van gebrek aan sanitasie
                                                                          1. nywerhede in stedelike gebiede benadeel omgewing
                                                                            1. bv. myne wat suur mynwater dreineer
                                                            3. Skep van volhoubare werksgeleenthede:
                                                              1. werkloosheid = groot probleem in SA
                                                                1. werkloosheidsyfer = 23,9% aan einde van 2011
                                                                  1. werkskepping = belangrike deel van vermindering van ongelykheid + armoede
                                                                    1. werk wat geskep word moet volhoubaar wees
                                                                      1. Volhoubare werksgeleenthede is werksgeleenthede wat:
                                                                        1. lank sal hou sodat werknemers meer daarby sal baat
                                                                          1. in bedrywe is wat deur ekonomiese + omgewingsvolhoubaarheid aangedryf word
                                                                2. die mense wat werkloos is het gewoonlik nie vaardighede nie
                                                                  1. land moet dus soorte werk skep wat werklose mense kan doen
                                                                    1. hiedie werksgeleenthede moet ook volhoubaar wees
                                                                      1. om werksgeleenthede te skep het regering in 2004 met die Uitgebreide Openbare Werke-Program (UOWP) begin
                                                                        1. die program teiken ongeskoolde + werklose mense aan
                                                                          1. dit gee werk wat nie vaardigheid veg nie + opleiding om hulle vaardighede te ontwikkel terwyl hulle werk
                                                                            1. UOWP = volhoubaar
                                                                              1. voorbeelde van UOWP-werksgeleenthede =
                                                                                1. omgewingswerke soos poste by Werk vir Water (dis die Departement van Omgewingsake se program om ontslae te raak van indringerplante wat water opgebruik)
                                                                                  1. padbouwerk
                                                                                    1. gemeenskapsgebaseerde gesondheidsorg
                                                                                      1. werk in vroeë kinderontwikkeling
                                                                3. Woordelys:
                                                                  1. lewenstandaard: mense se toegang tot produkte + dienste wat lewe geriefliker maak
                                                                    1. sanitasie: toiletfasiliteite
                                                                      1. Grondwet: die hoogste wet van SA, wat regte + pligte uiteensit
                                                                        1. Handves van Regte: ingesluit by Grondwet; dit is lys van belangrikste regte van burgers van land
                                                                          1. broodlyn: lyn waarteen mense VS$1 / dag verdien. dit word beskou as minimum bedrag geld wat mens kan verdien om in basiese behoeftes te voorsien
                                                                            1. vaardigheidstekort: tekort aan sekere vaardighede in land wat beteken dat mense nie geskoold genoeg is om meer gespesialiseerde poste wat beskikbaar is, te vul nie
                                                                              1. leerlingskapppe: wanneer mens vir besigheid werk + terselfdetyd indiensopleiding ontvang
                                                                                1. stedelik: stad / beboude gebied
                                                                                  1. landelik: op platteland / plase
                                                                                    1. gesentraliseerd: in 1 spesifieke gebied / op 1 spesifieke groep gekonsentreer
                                                                                      1. infrastruktuur: basiese stelsels + dienste wat nodig is om land behoorlik aan gang te hou soos water, vervoer + geboue
                                                                                        1. afgesonder (segregeer): om mense van verskillende rasse, gelowe + kulture te skei + om hulle op verskillende manier te behandel
                                                                                          1. volhoubare werksgeleenthede: werksgeleenthede wat 'n lang tyd hou + wat in ekonomies + omgewingsvolhoubare bedrywe is
                                                                                            1. indringerplante: plante wat nie oorspronklik van hierdie land is nie + wat ons natuurlike plantegroei bedreig
                                                                  Show full summary Hide full summary

                                                                  Similar

                                                                  Chain of Survival
                                                                  Cat Rowe
                                                                  The Slim Concept: 12 Programs
                                                                  Marissa Irving
                                                                  Adult Cardiac Arrest Algorithm - 2015 Standard
                                                                  Cat Rowe
                                                                  Chest Compressions Technique
                                                                  Cat Rowe
                                                                  Accounting Concepts
                                                                  lalasniffles
                                                                  PRINCIPIOS PEDAGÓGICOS
                                                                  crese urquin
                                                                  TYPES OF LABOURES
                                                                  Emily Mathe
                                                                  Cardiology Vocabulary
                                                                  K. Cano
                                                                  Pulmonology Vocabulary
                                                                  K. Cano