Zusammenfassung der Ressource
EBW: Onderwerp 7, Gr7 (KABV)
- Persoonlike inkomste:
- individu se totale
jaarlikse verdienste
uit bronne soos lone,
beleggings, winste en
rente ens.
- vloei van kontant / voordele ekwivalent aan kontant,
lone / salarisse en huurinkomstes
- Tipes persoonlike inkomstes:
- 1. Kontantvloei uit werk
- salarisse en lone = gereelde betaling in ruil vir arbeid
- salarisse = maandeliks
- lone = weekliks
- 2. Kontantvloei uit kapitaal
- kapitaal = geld / bates
- bv. verdien rente op belegging, want bank leen geld uit vir ander mense
- 3. Kontantvloei uit grond
- huurinkomste uit huis of woonstel / uit landelike gebiede
deur grond uit te verhuur vir weiding of boerdery
- Persoonlike uitgawes:
- kostes wat jy in jou
daaglikse lewe
aangaan om te kan
leef
- 1. akkomodasie: bv huishuur of verbandbetalings
- 2. nutsdienste: bv. water, elektrisiteit, telefoon en vullisverwydering
- 3. voedsel
- 4. reiskostes: bv. motorpaaiement en petrol
- 5. klerasie
- 6. mediese uitgawes
- 7. versekering vir huis, motor en lewe
- 8. vermaak
- 9. rente op skuld: bv. kredietkaarte en rekeninge
- inkomste dek uitgawes
- Bv.:
- Persoonlike staat van Netto Waarde:
- netto waarde = finansiele waarde op enige gegewe tydstip
- staat van netto waarde is hoe jou rykdom groei van jaar tot jaar
- boekhouers stel staat op om besigheid se waarde te bepaal
- hulle bring bates, inkomste en kapitaal en dan ook geleende
kapitaal en laste in berekening
- staan bekend as Balansstaat
- kan staat vir huishouding ook opstel
- help gesinne om te kontroleer hoe hulle finansieël vaar
- Staat van Netto Waarde = staat
wat opgestel word om te bereken
hoeveel meer die bates as die laste
is op spesifieke tydstip
- netto waarde =
bates - laste
- Stel 'n persoonlike Staat van Netto Waarde op:
- begin deur inligting te versamel bv. rekords van bankstate, krediet en
rekeningsstate en beleggingsstate
- stel dan lys op van bates en bereken totale waarde
- maak lys van laste
- laastens bereken netto waarde met onderstaande formule
- netto waarde = totale bates - totale laste
- bv: netto waarde = totale bates - totale laste
= R1 500 000 - R600 000 = R900 000
- surplus = as inkomste meer is as uitgawes
- tekort = as uitgawes meer is as inkomste
- Hoe om 'n persoonlike Staat van
Netto Waarde op te stel:
- 1. Kry rekords bymekaar
- 2. Maak lys van totale waardes van bates
- 3. Maak lys van totale waarde van laste
- 4. Trek laste af van bates om Netto Waarde te bereken
- 5. Bepaal of netto waarde 'n surplus (positiewe
bedrag) of 'n tekort ( negatiewe bedrag) is
- Tipes inkomste wat besighede ontvang:
- verkoop van goedere: bv. klerewinkel wat klere verkoop
- verkoop van dienste
- rente
- huurgeld
- tantieme = betalings vir die regte om
intellektuele eiendom te gebruik
- dividende: bedrae wat besighede aan hulle aandeelhouers
betaal as deel van winste wat daardie besigheid gemaak het
- Tantieme:
- skrywers teken kontrak met uitgewers om persentasie van die
winste uit verkoop van hulle boeke te ontvang
- uitgewers moet skrywers deurlopend betaal om hulle materiaal te gebruik
- filmbesigheid moet ook uitgewer betaal om boek te verfilm.
- betalings aan 'n besigheid vir reg
om intellektuele eiendom, soos
musiek + boeke, wat dit besit, te
gebruik
- Dividende:
- dividende = bedrae wat
besighede aan aandeelhouers
betaal as deel van die winste
wat die besigheid gemaak het
- openbare maatskappye wat op effektebeurs
genoteer is het aandeelhouers
- aandeelhouers =
individue / besighede
wat aandele in besigheid
gekoop het
- aandeel = gedeeltes van
besigheid wat
aandeelhouers koop om vir
besigheid kapitaal te
verskaf om te begin +
funksioneer
- besigheid se winste word herbelê vir groei en die res
word as dividendbetalings aan aandeelhouers betaal
- Tipes besigheidsuitgawes:
- besigheidsuitgawes =
uitgawes om in
bedryf te bly
- kapitaaluitgawes = kostes om
besigheid te begin
- salarisse + lone vir personeel
- huur / koop van perseel
- toerusting
- grondstowwe vir produksie
- kantoortoerusting soos rekenaars en meubels
- belasting op inkomste
- rente op lenings
- versekering
- navorsing + ontwikkeling
- nutsdienste soos water
+ elektrisiteit
- mediesefonds- +
pensioenfondsbydraes
- werkloosheidsversekeringsbydraes
- onderwys + opleiding vir personeel
- Spaargeld in besighede:
- besighede kort spaargeld vir noodgevalle
- moet rente verdien sodat geld vir jou kan werk
- toeganklik wees wanneer nodig
- Rekeningtipes verskil volgens:
- grootte van besigheid
- hoeveelheid spaargeld benodig
- vinnige toegang tot spaargeld
- besigheidspaarrekeninge moet apart gehou word van persoonlike spaargeld
- kontantvloei = hoe geld in + uit besigheid beweeg
- Beleggings in besighede:
- belegging = wanneer
finansiële produk, soos polis
/ fisiese voorwerp koop kry jy
finansiële opbrengs as jy dit
verkoop / in kontant omsit
- daar is risiko by belegging getrokke
- effektetrust = soort belegging waar
beleggingsmaatskappye of banke
baie mense se klein deposito's neem
en dit saamvoeg om as 1 groot
bedrag in trust te belê
- Voorbeelde van beleggingsmaatskappye:
- Old Mutual
- Investec
- Alan Gray
- Liberty Life
- Sanlam
- Momentum
- Beleggings:
- geld is uit sirkulasie; dus effektiewe
manier om geld te spaar
- oor tyd neem dit toe in waarde
- niemand het toegang tot geld van belegging nie
- inkomste wat besighede uit beleggings verdien
+ spaargeld verdien, kom van rente