Persoonsname

Beschreibung

graad 5 - 10 Afrikaans Karteikarten am Persoonsname, erstellt von Hannelie Oosthuizen am 01/05/2014.
Hannelie Oosthuizen
Karteikarten von Hannelie Oosthuizen, aktualisiert more than 1 year ago
Hannelie Oosthuizen
Erstellt von Hannelie Oosthuizen vor etwa 10 Jahre
1078
0

Zusammenfassung der Ressource

Frage Antworten
'n vuil of slordige persoon slonskous
iemand wat maklik en oor alles huil tjankbalie
iemand wat nie wil saamwerk nie dwarstrekker
iemand wat altyd die donker kant van 'n saak sien pessimis
die eerste vertoning van 'n rolprent première
kritiek oor 'n boek resensie
iemand wat kleintjies afknou boelie
iemand wat narkose toedien by 'n operasie narkotiseur
persoon wat pype en krane in 'n huis installeer loodgieter
iemand wat briewe aflewer posbode
iemand wat van avonture hou avonturier
iemand wat alles altyd perfek wil doen perfeksionis
'n dronkaard of suiplap 'n wynvlieg
'n man wie se eggenote (vrou) oorlede is wewenaar
iemand wat baie hard werk werkesel
'n vrou wie se eggenoot oorlede is weduwee
'n ouerige man wat nog nie getroud is nie of nie wil trou nie vrygesel
iemand wat berig gee aangaande nuusgebeure verslaggewer
iemand wat onder verdenking is dat hy of sy 'n misdaad gepleeg het verdagte
iemand wie se planne denkbeeldig en onuitvoerbaar is utopis
iemand wat spesialiseer in siektes van die niere en urinekanaal uroloog
'n alleenheerser wat dikwels met geweld en wreedheid heers tiran
vertaler van 'n gesprek tussen mense wat nie mekaar se taal kan verstaan nie tolk
iemand wat 'n geleerde is ten opsigte van God en godsdiens teoloog
'n persoon wat diere opstop of die kop of vel van 'n dooie dier so versorg dat dit uitgestal kan word taksidermis
die persoon wat verantwoordelik is vir die ontvangs, bewaring en beheer van die geld tesourier
die persoon wat ongesiens die woorde voorsê wanneer 'n akteur sy woorde vergeet souffleur
die persoon wat meubels (soos bank) met materiaal oortrek en ook gordyne verskaf stoffeerder
persoon wat alleen optree en sing of 'n instrument bespeel solis
'n persoon wat fyn, netjiese houtwerk doen en meubels maak skrynwerker
iemand wat baie slordig is slonskous
'n baie behendige dief wat goedere uit mense se sakke steel sakkeroller
iemand wat opsetlik skade aan eiendom aandoen saboteur
'n persoon wat bv. sy land verraai het renegaat
die persoon wat opgelei is op x-straal foto's te neem radiograaf
iemand wat baie sterk voel oor die suiwerheid van taal puris
'n kenner van vrugte pomoloog
'n terggees; iemand wat streke op ander mense uithaal platjie
'n kinderdokter of kinderarts pediater
die persoon doen ook lykskouings en is 'n siektekenner patoloog
'n voorstander van wêreldvrede pasifis
iemand wie se bene of arms verlam is parapleeg
'n opgeleide persoon wat beenbreuke en skeef gegroeide ledemate kan behandel ortopeed
'n opgeleide persoon wat bv. draadjies gebruik om skewe tande reg te maak ortodontis
'n persoon met 'n deeglike kennis van voëls ornitoloog
'n persoon wat jou oë toets en oogsiektes kan behandel optometris
sien altyd die mooi en die blink kant raak optimis
'n deskundige op die gebied van gewasse en kankers onkoloog
'n groot jagter nimrod
Zusammenfassung anzeigen Zusammenfassung ausblenden

ähnlicher Inhalt

Replisering
Absolutary
Afrikaans Language
Johanne Barnes
Afrikaans/Xhosa - Vocabulary: Animals
Chantal du Plessis
Woordsoorte
Esna van Der walt
Afrikaans
Nsovo Linah
Die Xhosa kultuur_1
Incendia Aer
Adjectives (Colors)
Hugo Leão
Adjectives (Tastes)
Hugo Leão
Prepositions (One Word)
Hugo Leão
Prepositions (Two Words)
Hugo Leão
Adjectives (Sizes)
Hugo Leão