|
|
Created by Hannelie Oosthuizen
over 11 years ago
|
|
| Question | Answer |
| 'n vuil of slordige persoon | slonskous |
| iemand wat maklik en oor alles huil | tjankbalie |
| iemand wat nie wil saamwerk nie | dwarstrekker |
| iemand wat altyd die donker kant van 'n saak sien | pessimis |
| die eerste vertoning van 'n rolprent | première |
| kritiek oor 'n boek | resensie |
| iemand wat kleintjies afknou | boelie |
| iemand wat narkose toedien by 'n operasie | narkotiseur |
| persoon wat pype en krane in 'n huis installeer | loodgieter |
| iemand wat briewe aflewer | posbode |
| iemand wat van avonture hou | avonturier |
| iemand wat alles altyd perfek wil doen | perfeksionis |
| 'n dronkaard of suiplap | 'n wynvlieg |
| 'n man wie se eggenote (vrou) oorlede is | wewenaar |
| iemand wat baie hard werk | werkesel |
| 'n vrou wie se eggenoot oorlede is | weduwee |
| 'n ouerige man wat nog nie getroud is nie of nie wil trou nie | vrygesel |
| iemand wat berig gee aangaande nuusgebeure | verslaggewer |
| iemand wat onder verdenking is dat hy of sy 'n misdaad gepleeg het | verdagte |
| iemand wie se planne denkbeeldig en onuitvoerbaar is | utopis |
| iemand wat spesialiseer in siektes van die niere en urinekanaal | uroloog |
| 'n alleenheerser wat dikwels met geweld en wreedheid heers | tiran |
| vertaler van 'n gesprek tussen mense wat nie mekaar se taal kan verstaan nie | tolk |
| iemand wat 'n geleerde is ten opsigte van God en godsdiens | teoloog |
| 'n persoon wat diere opstop of die kop of vel van 'n dooie dier so versorg dat dit uitgestal kan word | taksidermis |
| die persoon wat verantwoordelik is vir die ontvangs, bewaring en beheer van die geld | tesourier |
| die persoon wat ongesiens die woorde voorsê wanneer 'n akteur sy woorde vergeet | souffleur |
| die persoon wat meubels (soos bank) met materiaal oortrek en ook gordyne verskaf | stoffeerder |
| persoon wat alleen optree en sing of 'n instrument bespeel | solis |
| 'n persoon wat fyn, netjiese houtwerk doen en meubels maak | skrynwerker |
| iemand wat baie slordig is | slonskous |
| 'n baie behendige dief wat goedere uit mense se sakke steel | sakkeroller |
| iemand wat opsetlik skade aan eiendom aandoen | saboteur |
| 'n persoon wat bv. sy land verraai het | renegaat |
| die persoon wat opgelei is op x-straal foto's te neem | radiograaf |
| iemand wat baie sterk voel oor die suiwerheid van taal | puris |
| 'n kenner van vrugte | pomoloog |
| 'n terggees; iemand wat streke op ander mense uithaal | platjie |
| 'n kinderdokter of kinderarts | pediater |
| die persoon doen ook lykskouings en is 'n siektekenner | patoloog |
| 'n voorstander van wêreldvrede | pasifis |
| iemand wie se bene of arms verlam is | parapleeg |
| 'n opgeleide persoon wat beenbreuke en skeef gegroeide ledemate kan behandel | ortopeed |
| 'n opgeleide persoon wat bv. draadjies gebruik om skewe tande reg te maak | ortodontis |
| 'n persoon met 'n deeglike kennis van voëls | ornitoloog |
| 'n persoon wat jou oë toets en oogsiektes kan behandel | optometris |
| sien altyd die mooi en die blink kant raak | optimis |
| 'n deskundige op die gebied van gewasse en kankers | onkoloog |
| 'n groot jagter | nimrod |
Want to create your own Flashcards for free with GoConqr? Learn more.