|
|
Creado por Hannelie Oosthuizen
hace más de 11 años
|
|
| Pregunta | Respuesta |
| Skryf 5 diftonge neer | ai, aai,ei, y, eeu, ôi, ooi, oei, ou, ui |
| Skryf vokale neer. | oe, ie, eu, aa, ee, oo, uu, a, e, i, o, u |
| Wat is assimilasie? Gee 'n voorbeeld. | op die - oppie hierdie - hierie kinders - kinners |
| Wat is vokaalreduksie? | 'n vokaal in 'n onbeklemptoonde lettergreep word verswak. bv. patat - petat rumoer - remoer baklei - beklei |
| Wat is palatalisasie? Gee 'n voorbeeld. | Die tong word na die harde verhemelte getrek. geld- gjeld geel - gjeel kind - kjind kerk = kjerk |
| Wat is Metatesis of klankverspringing? | granaat - gernaat kruk - kurk turksvy - truksvy persent - present probeer - perbeer |
| Wat is 'n simpleks? Gee 'n voorbeeld. | 'n Woord wat nie in kleiner betekenisvolle dele verdeel kan word nie, soos bv. masjien, lokomotief, kind |
| Wat is 'n kompleks? | 'n Woord wat uit 'n stam en een of meer morfeme bestaan, soos bv. spreker,kinders, ongelukkig |
| Uit watter taal is die volgende woorde geleen? boegoe, abba, kwagga, karos, dagga | Khoi -tale |
| Uit watter taal is die volgende woorde geleen? blatjang, baie, sosatie | Maleis |
| Uit watter taal is die volgende woorde geleen? bredie, kraal, tronk, spens | Portugees |
| Uit watter taal is die volgende woorde geleen? garage, affêre, restaurant, mayonnaise | Frans |
| Uit watter taal is die volgende woorde geleen? kamaste, swaap, laer, kitsch | Duits |
| Uit watter taal is die volgende woorde geleen? tjello, pizza, konfetti | Italiaans |
| uit watter taal is die volgende geleen? tamatie, patio, guerilla | Spaans |
| Uit watter taal is die volgende geleen? krieket, rugby, speaker | Engels |
| Uit watter taal is die volgende woorde geleen? toga, papawer, victor ludorum | Latyn |
| Wat is 'n neologisme? | 'n nuutskepping soos e-pos |
| Wat is pleonasme? | 'n ronde sirkel ou bejaarde dooie lyk ware feit dood verongeluk |
¿Quieres crear tus propias Fichas gratiscon GoConqr? Más información.